• Volg Ons:

Baie Welkom!


ADAM TAS SE ‘WANT JY IS BOER’

‘N RYKE OES VAN LEKKERLUISTER
WOORD EN MUSIEK


Diegene wat wéét sal saamstem dat dit bykans onmoontlik is om die hart en siel van dit wat
‘n boer ‘n BOER maak in musiek vas te lê.


Steeds is dít presies wat jy van Adam Tas se nuutste album, ‘Want jy is boer’, kan verwag.


Adam, wat bekendheid verwerf het vir sy diep rasperstem en lirieke wat aan meer as net
kitaarsnare pluk, verras weereens met ‘n merkwaardige album wat vertel van die lewe,
sienswyses, stories, uitdagings, hartseer, vreugdes, taal en trots van boerwees.


Dié album se Country-Rock-geur vermeng kitaar, drom, bekfluitjie en selfs klassieke klanke
uitstekend om prente te skets van mense en dinge van vandag en gister.


Baie snitte – soos die titelsnit, ‘Want jy is boer’, ‘Reën’, ‘Draadloos dae’ en ‘Rus en vrede’ -
is diep en sielvol.


Ander – soos ‘Frikkie en die engel’, ‘Plaas genaamd Afrika’, ‘Sweet Rock & Roll’ en
‘Goodbye Kelly’ – nooi jou om saam te glimlag en jou voete om spontaan, met pure lekkerkry,
die ritme te hou.


Adam het self sy pen aan meeste van die snitte geleen en dit blyk duidelik dat ‘n sterk
Godgeankerdheid en ‘n egte boere-hart agter beide sy musiek en sy uitvoering daarvan steek.


‘Want jy is boer’ is ‘n album wat, met sy amper-poëtiese- maar tog lekkerluister-styl, jou gedagtes sal meevoer na die plaaswêreld en elkeen wat daarna luister, boer of nie, sal laat smag na ‘n kuiertot in die ‘middernagure om die hardekoolvure’ tussen niks en nêrens.

Die album is nou landswyd beskikbaar.



Koop Adam Tas se nuuste album 'Want jy is Boer' op iTunes

  • Volg Ons:
Adamtas.co.za © 2014
Webwerf ontwerp en onderhou deur Artsoluions.