Die HelpJag-ambassadeurspan op 'n oop veld

Die veld voed
meer as net die siel.

HelpJag is in 2018 begin om wildsvleis aan Solidariteit Helpende Hand se voedingsprojekte te voorsien. Adam Tas en oud-Springbok Bakkies Botha was van die projek se vroeë ambassadeurs. Later het Appel en Jo Black ook by die ambassadeurspan aangesluit.

Die jaggemeenskap se hulp, omskep in voedsame kos vir kinders wat dit die nodigste het.

Vir Adam pas dit by die groter waardes waarmee hy homself oor die jare vereenselwig het: die veld, bewaring, jag, gemeenskap en omgee vir ander. Dit is 'n belangrike deel van wie Adam Tas vandag is.

Registreer / kry meer inligting
280 ton
wildsvleis ingesamel sedert 2018
130
skole landwyd bereik
±8 500
kleuters wat gevoed word
Die HelpJag-ambassadeurspan op 'n oop veld, met Adam Tas regs
Die HelpJag-ambassadeurspan