Televisie
Van die veld
Van die veld
na die skerm.
Adam se loopbaan het nooit net by musiek gestop nie. Sy liefde vir die natuur en buitelewe het hom natuurlik na televisie gelei. Programme soos Wild en Wragtig en Woema op kykNET het hom gevestig as 'n bekende gesig binne Suid-Afrika se buitelewe- en jagwêreld.
Met Byt en Buskruit — sy jag- en visvangreeks — kon Adam presies doen wat hy nog altyd met sy musiek gedoen het: mense, plekke en stories bymekaarbring. Die reeks film tans sy vierde seisoen en is al so ver as Skotland genooi.
Hy het ook as akteur verskyn in die rolprent Die Spook van Uniondale, terwyl sy musiek deel geword het van die klankbaan van Vrou Soek Boer.